Ek is lief vir swem, was nog altyd en sal altyd wees. Ek deel hierdie liefde met duisende swemmers reg oor die wêreld. Maar ek is gesond. Op 54 drink ek net ‘n cholesterol pil en kan my arms, bene, longe en my hart inspan om my liefde van swem te geniet. Baie kinders sou met my die liefde vir swem wou deel, maar hulle het kanker. Vir baie jare was swem net vir myself en ek het moontlik te gou ja gesê vir die 8 myl charity by Midmar 2024. Maar hoe nader die uitdaging kom hoe blyer is ek dat dit nie meer net oor myself gaan nie, maar dat ek ‘n hart gekry het om vir die kinders met kanker of ‘n lewensbedreigende bloefdisfunksie te swem. Ek slaan my hande saam, maak my oë toe en sê, Dankie Heer!! Ek het geoefen en baie tyd en myle geswem om hierdie uitdaging te voltooi. Hiervoor samel ek R10 000 in vir die Choc foundation en sal dit baie waardeer as jy, wie my ken of nie ken nie, my kan borg met ‘n finansiële bydrae.
Baie dankie!
Trudie Els
overall progress
raised R9 800,00 goal R10 000,00Name | Message | Donation |
---|---|---|
Carine Kotze | R200 | |
N/A | R4 300 | |
Q Grobbelar | Baie sterkte! | R200 |
Charelle | R300 | |
Elmarie | Sterkte!! | R1 000 |
Emery | R300 | |
Sunelle en Amelia | Super trots op jou | R1 000 |
Adele Verwey | Buena suerta aqua abuela | R500 |
Louisa De Swardt | Jy is ñ Yster vrou! Geniet dit | R500 |
Rina van der Merwe | Jou vasberadenheid, dissipline en toewyding inspireer my. You go girl! | R500 |
Mandy and John | Nadas bien abuela xx | R1 000 |
Supporting children with cancer and life-threatening blood disorders, and their families; improving early detection and facilitating effective treatment.
http://www.choc.org.za/ | |
086 111 3500 | |
headoffice@choc.org.za |